View All Articles
 
  Komnick belig eertydse Kaap in fotoboek  
 
Author: Amanda Botha
Publication: Die Burger
Publication Date: 23 September 2013

Günther Komnick se foto van die musikant en penniefluitspëler Robert Sithole (1945-2006)

Die veteran-fotograaf Günther Komnick se tweede fotoboek, gebaseer op foto's van Kaapstad uit die 1950's en 1960's, word op 11 September bekend gestel, tesame met 'n tentontstelling van sy werk in die Erdmann-galery in Kaapstad.

Komnick het die daaglikse lewe van die mense van die Bo-Kaap, Distrik Ses en die Kaapstadse middestad gedokumenteer. Sy fotografie word beskryf as aansluitend by die styl van beroemde fotograwe soos Cartier-Bresson.

Die tentoonstelling en boek heet Cape Town: Memories of the 60s, en die publikasie sluit in 'n essay deur dr. M. Cassiem D'arcy en 'n voorwoord deur die fotograaf Gavin Furlonger.

Komnick, ook 'n kinderboek-illustraseerder, is in 1929 in Insterburg in die destydste Oos-Prussia gebore. Hy het hom in 1956 in Suid-Afrika gevestig en was vir jare in die advertensiewese aktief. Sy eerste fotoboek, Impressions, is in 2009 uitgegee.